

Romeine 14:8
As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here
Kennisgewing
Rika Norris, n geliefde ma, familielid en vriendin, is op 23 Mei 2026 op die ouderdom van 60 oorlede. Rika word met diepe liefde oorleef deur haar twee dogters, Petro en Hester, asook haar vier kleinkinders Ivanka, CW, Karla en Karmen .
Sy was ’n trotse en toegewyde ma vir haar kinders en kleinkinders wat vir haar ontsaglike vreugde en vervulling gebring het. Haar toewyding aan haar familie, haar bejaarde ma en geliefdes was duidelik in alles wat sy gedoen het. Haar gees en stille veerkragtigheid laat ’n blywende nalatenskap agter. Sy sal diep gemis word, maar haar invloed en liefde bly voortbestaan by diegene wat vir haar dierbaar was.
Rika se lewe word op 26 September 2026 amptelik gevier met ’n spesiale samekoms by die Lourensford Landgoed, die plek waar sy die laaste maande van haar lewe deurgebring het.
Rika sal diep gemis en met liefde onthou word.
Huldeblyk
Vandag kom ons byeen om die lewe van 'n baie besondere vrou, Rika Norris, te gedenk en te eer — 'n geliefde ma en vriendin wie se teenwoordigheid so baie mense se lewens aangeraak het.
Rika was 'n omgeemens en sy het diegene om haar vrylik met liefde oorlaai, en altyd gesorg dat wie haar pad kruis gekoester en gewaardeerd voel. Haar liefde is nie net in woorde uitgedruk nie, maar ook getoon deur die tallose klein dingetjies waarmee sy haar geliefdes bederf het.
Haar familie en naastes sal altyd dankbaar wees vir die herinneringe, die gelag, die ernstige en vrolike gesprekke en die oomblikke wat ons saam gedeel het.
Rika se diepe geloof en liefde vir God, was deel van haar handel en wandel, op aarde. Haar opregte vertroue in haar Hemelse Vader, was onvoorwaardelik en het almal met wie sy in aanraking was aangeraak. Sy het daagliks haar gedagtes gerig op Hom vir die nodige leiding...in moeilike tye het sy haar krag geput uit stilte tye en gebed.... wat geen tyd grense gehad het nie. Haar betrokkenheid by die Bybelstudiegroep, gedurende die week en Sondae se eredienste was weekliks vir haar n hoogtepunt, en sy het die liefde en vrede wat sy ervaar het, mildelik met almal om haar gedeel.
Alhoewel haar afwesigheid 'n diep leemte in ons harte gelaat het, bly die liefde wat sy aan ons gegee het, voortbestaan. Ons dra haar nagedagtenis met ons saam in die stories wat ons vertel, die lesse wat sy ons geleer het en die liefde wat sy in ons harte geplaas het.
Vandag treur ons nie net oor die lewe wat ons verloor het nie — ons vier die lewe wat sy gelei het. Ons vier 'n vrou wat lief gehad het, omgegee het, geglo het en 'n verskil gemaak het, bloot deur haarself te wees.
Ma, jou reis op aarde het dalk tot 'n einde gekom, maar jou liefde sal ons nooit verlaat nie.
Jy sal vir altyd geliefd wees.
Jy sal vir altyd onthou word.
En jy sal vir altyd in ons harte voortleef.
Rus sag, Ma.
Tot ons mekaar weer sien. Hester, JP, Karla, Karmen,
Huldeblyk
Huldeblyk aan Moeder.
Al wat wat ek vandag kan sê is: Dankie. Jy was ‘n vrou in ñ duisend. Dankie dat Moeder so ‘n groot omgee-mens was. Die sê ding: “Your biggest supporter is your Mom” is definitief ‘n feit. Moeder was altyd daar vir ons. Vir elke sports wedstyd, konsert en prysuitdeling. Verjaarsdag partytjies spesiaal maak, skool vakansies opwindend maak met nuwe "doen aktiwiteite". Vir elke koppie koffie, Sondag kos voor die lang pad terug huis toe, bydrae aan die noodfonds, ‘n boek vol raad en motivering. Ek sou nie vandag die sterk vrou gewees het wat ek is, sonder Moeder nie. Jou geveg teen die bose het gemaak dat ek vandag sterk kan staan.
My kinders:
Hoe onthou julle vir Ouma?
Ivanka. Ouma kon baie lekker kos maak. Sy het altyd gebel. Sy het saam ons ballet gaan kyk. Daar was altyd iets lekkers in haar handsak.
CW. Sy het altyd met ons gespeel. Ouma was altyd oulik met ons. Vir ons gesê Jy is ‘n Konings kind.
Ek, Petro "Onthou om te bid" – dis die laaste motivering wat ek altyd diep in my hart sal hou.
Moeder het ‘n groot leemte in ons drie se harte gelos, maar ek weet...
Jy, Moeder, is op ‘n beter plek. Jy en Pa dans en sing nou saam in God se tuin.
Liefde Petro, Ivanka, CW
Tydlyn













Galery
Videos
Gedenkmuur
Liefde Nico en Miemd
Erina Bain, kerkkantoor GK Strand
destination,
it is a state of
mind."
Rika was regtig lief vir swem, sy het sommer met klere en skoene in die water ingeloop en dan baie ver geswem.
Mens kon sien dat dit haar n gevoel van vryheid en "achievement" gegee het.
Kosmaak het haar ook laat blom.
Sy het in die laaste 3 maande baie gekook, gestap en geswem.
Dankbaar daarvoor.

Stamboom










