Profile photo of Leon Lubbe

Leon Lubbe

MarMarch 14th, 1958 JunJune 5th, 2026
Potchefstroom
Leon Lubbe

'n Lewe word nie gemeet aan die jare wat verbygaan nie, maar aan die mense wat aangeraak word.

A life is not measured by the years that pass, but by the lives it touches.

Die lewe wat hy gebou het//The life he built

Leon se verhaal het op 14 Maart 1958 in Pretoria begin. As jong seun was hy 'n ware "dorps-japie", maar min sou hy kon weet dat hy eendag sy hart op 'n plaas sou verloor en een van die gelukkigste dae van sy lewe sou wees toe hy sy eie stuk grond kon koop.

Toe die gesin na Kaapstad verhuis het terwyl hy in Standerd 1 was, het hy sy kinder- en skooljare in Bellville deurgebring. Dit was ook daar waar sy liefde vir die see begin het. Hy het gespiesvisvang, kreef geduik en vrygeduik lank voordat dit gewild was, en het later ook skubaduik geniet. Die see het hom altyd geroep.


Na skool het hy op 'n wynplaas in Wellington gewerk waar hy gehelp het met die druiwe oes en wynmaakproses. Daarna het hy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer voordat hy in 1976 sy diensplig voltooi het. In 1978 keer hy terug na Pretoria waar hy by YSKOR begin werk het. Terwyl hy voltyds gewerk het, het hy saans verder studeer om sy MBA te voltooi. Dit was tipies van Leon: as daar werk was om te doen, het hy eenvoudig aangegaan totdat dit klaar was.

Daardie ingesteldheid sou hom sy hele lewe lank vergesel.

In 1984 ontmoet hy vir Annalie. Soos die storie loop, het 'n Volkswagen GTI en 'n bietjie styl moontlik gehelp. Hulle is dieselfde jaar getroud. Terwyl hy 'n jong gesin opgebou het en voltyds gewerk het, het hy ook sy MBA voltooi. Vir Leon was groei nooit iets wat ophou nie. Daar was altyd nog iets om te leer, nog iets om te bou, nog 'n uitdaging om aan te pak.

Saam met Annalie en sy broer Rupert het hy later Stonehenge begin, gevolg deur verskeie ander ondernemings. Wat ook al Leon aangepak het, het hy met entoesiasme en oorgawe gedoen. Hy het geleenthede raakgesien waar ander mense probleme gesien het.

In 1997 verhuis die gesin na Potchefstroom toe hulle Kimleigh Chemicals oorneem. Twee jaar later koop hy die plaas Touchdown. Dit was daar waar die "dorps-japie" uiteindelik 'n "plaas-japie" geword het.

Hy was lief vir die plaaslewe. Die gemsbokke wat hy aangekoop het, was vir hom iets besonders. Hy kon ure lank sit en kyk hoe hulle rondbeweeg. Hulle het deel van die plaas se identiteit geword en leef vandag voort as die simbool van die olyfolie wat daar geproduseer word.

Maar die see het hom nooit heeltemal losgelaat nie. Jare later, toe hy 'n huis in Struisbaai koop, het dit gevoel asof hy weer met 'n deel van homself herenig is. Daar het hy rus gevind. Tussen die gedruis van die branders, die vars seelug en die eindelose horison was hy op sy gelukkigste.

Leon se belangstellings was net so wyd soos sy nuuskierigheid. Hy het sy vlieglisensie verwerf en sy eie vliegtuig gekoop. Hy het gehou van seil, visvang, vliegvisvang, golf en rugby. Hy was 'n trotse Stormers ondersteuner en kon ure lank gholf op televisie kyk, tot almal anders se frustrasie.

Hy was ook die soort mens wat nooit kon stilsit nie. As hy dorp toe gegaan het vir een ding, het hy gewoonlik met tien ander dinge teruggekom. Ons het altyd grappenderwys gesê dat hy waarskynlik weer speserye gekoop het. En gewoonlik was ons reg.

Een van die snaaksste klein insigte in sy persoonlikheid was 'n nota wat ons op sy foon ontdek het. Die titel was: "Work From Home Health". Die inhoud was eenvoudig:

1. Education

2. Food

3. FinishenKlaar


"Wie kielie die kat, ek of jy?" en "Ons sal sien" was frases wat familie en vriende goed geken het. Hulle bring vandag nog 'n glimlag na ons gesigte.

Bo alles was Leon 'n man wat gebou het. Hy het besighede gebou, 'n plaas opgebou, geleenthede geskep en mense gehelp om hul potensiaal raak te sien. Maar sy grootste nalatenskap lê nie in die dinge wat hy besit het nie. Dit leef voort in sy familie, sy vriende, die mense wat hy beïnvloed het, en die herinneringe wat hy agterlaat.

Die dinge wat hy gebou het, sal met tyd verander. Maar die mense wat hy gevorm het, die waardes wat hy geleef het, die familie wat hy liefgehad het en die herinneringe wat hy geskep het, sal bly voortleef.

Van Pretoria na Bellville. Van die see na die plaas. Van 'n dorps-japie na 'n plaas-japie.

Dit was Leon se verhaal. En dit was 'n mooi een.

Foto//Gallery

Herinneringe//Memory Wall

Laat 'n boodskap en deel jou mooiste herinneringe//Leave a message and share your favourite memories


June 16, 2026
It’s been a while, but as a young cousin, I remember Leon fondly. So sad to hear about his passing. I have lost contact with the family, but not with my memories. RIP Leon.
Ivan Bonner
June 15, 2026
Vandag was die dag waarvoor niemand gereed was nie, maar tog die dag wat onvermydelik sou aanbreek.
Vanaand bring ons hulde aan ons geliefde baas, Oom Leon – 'n man wat diep spore in ons harte gelaat het.
Dankie aan elkeen wat vandag betrokke was. Dit was 'n dag wat Oom Leon trots sou gemaak het; gevul met liefde, respek en die saamwees van familie, geliefdes en vriende.
Aan die Lubbe-gesin, familie, geliefdes en kollegas: ons harte is by julle. Ons dra hierdie verlies saam met julle en omring julle met ons liefde en ondersteuning.
Mag die liefde wat Oom Leon agterlaat, aanhou vloei soos water wat sy weg vind – sterk, standvastig en lewend in elke herinnering wat ons koester.
Met liefde en innige meegevoel,
Louw, Sandra, Rialda, Henco, Anelri, Lohan, Mia, Mieke en Liam ❤️
Sterkte aan julle almal in hierdie moeilike tyd.
Louw Snyman
June 14, 2026
Leon,
Ek het 14 jaar terug deel geword van die Kimleigh Familie, en in hierdie tyd het ek so baie geleer. Jy was 'n voorbeeld van eerlikheid en integriteit vir ons almal. Wat altyd vir my sal uitstaan is wanneer ek in jou kantoor ingestap het met 'n vraag, het jy altyd so rustig en kalm gesê sit, dan verduidelik ek jou gou. (Baie keer met prentjies)
Ons gaan jou vreeslik mis. Rus sag

Sandra
Sandra
June 13, 2026
Hier staan ons vandag om hulde te bring aan ’n legendariese mens en leier, ons geliefde Baas Leon.

Oom se integriteit, visie, menslikheid en vertroue in sy personeel het hom ’n ware mentor gemaak. Hy het nie net leiding gegee nie, maar ook inspirasie gebring wat ons lewens verryk het.

Vir my persoonlik was dit ’n groot voorreg dat oom my die geleentheid gegee het om my passie vir beeste uit te leef. Ek het dit met trots en deeglikheid aangepak, vir ’n trotse man wat sy liefde vir mense, die natuur, plante en diere met almal gedeel het.

Ek sal nooit oom se woorde vergeet toe ons ’n hek klaar gebou het nie:
“Boeta, as jy weer hier op Touchdown kom, wil ek jou gaan wys hoe ’n hek gebou word.” Daardie woorde sal altyd by my bly, nie net as humor nie, maar as deel van oom Leon se karakter, altyd reguit, trots op goeie werk, en altyd bereid om iets te leer of beter te doen.

Mag ons sy nalatenskap met eer, trots en passie voortdra – soos oom ons geleer het.
Ons wens die Lubbe-gesin baie sterkte toe. Mag die Here julle vertroos en in Sy Vaderhand vashou in hierdie moeilike tyd.

Tot weersiens, Oom…
Jy sal diep gemis word, maar nooit vergeet word nie.

Louw
Louw Snyman
June 12, 2026
Liewe Oooom,

Dit is moeilik om die woorde te vind om totsiens te sê. Jy was so ’n belangrike deel van my lewe, en ek sal altyd dankbaar wees vir die liefde, leiding en goedhartigheid wat jy met my gedeel het.

Dankie vir elke herinnering, elke lag en elke oomblik van ondersteuning. Jy het ’n besondere manier gehad om mense geliefd, waardevol en welkom te laat voel, en ek was so bevoorreg om jou in my lewe te hê.

Dankie dat jy so ’n ongelooflike Oupa vir Layne was. Ek is so dankbaar dat jy hom leer ken het en hom so lief gehad het. Dankie dat jy Chris ten volle aanvaar het as jou skoonseun. Die band wat jy met hulle gehad het, sal ons altyd koester.

Al is my hart swaar, vind ek troos daarin om te weet hoe diep jy deur soveel mense liefgehê is. Jou nalatenskap leef voort in die lewens wat jy aangeraak het, die lesse wat jy geleer het en die liefde wat jy so vrylik gegee het.

Ons sal jou meer mis as wat woorde kan beskryf, maar ons sal jou altyd met liefde onthou en in ons harte saamdra.

Met al ons liefde,

Jou ander dogter, Karima, Chris en Layne
Karima du Toit (Booth)
June 12, 2026
Life is a cheese curl.

Or, as Oom Leon might have said, "I was told to stop eating Milkybars because of the diabetes... but I still like Milkybars"

Somewhere in 2008 or 2009, I met a man, and then realized I had met a giant.

That may sound strange, but there are only a few people in my life whose impact has been bigger than the red African dust and storms that shaped me. There was one person who taught me to love creation, to find wonder in everything and to understand that the money comes later. That education is everything, because they really can't take it away from you.

Leon, you were a mensch.

You planted olive trees and proteas. You drove Volvos. You enjoyed your Can-Am Spyder. You built Kimleigh from nothing into a beast that serves industry with innovative chemistry. And somehow, in the middle of all of that, you still had time for people.

You were the man who said:

"Try again."

"Forgive him, you don't know what is going through that man's mind."

"Give second chances. Third chances. Fourth chances. What do you really have to lose?"

"Come, let's drink tea."

"Let's go smoke" ... and would join you, even though I didn't smoke.

"Diversify."

You taught with words, but even more with your actions, you carried yourself with patience, self-control, kindness, and quiet strength. Other people always seemed to matter more to you than yourself.

I sometimes wonder how one man could fit so much life into so little time. But maybe that was the secret: you trusted people. You gave them room. You believed they could become more than they were. And because of that, you did not just build a company. You built a legacy.

I remember the day I told you and Tannie Annalie that I was moving to the United States. You were support. You were light. When very few people could be excited for me, you were. You saw possibility where others saw distance. And even from halfway across the world, you still cared.

That was Leon.

A man of wisdom.
A man of grace.
A man who believed in people.
A man who gave chances.
A man who left others better than he found them. Even the bad ones.

Today I feel deeply grateful that I knew you, and a little broken that you are gone.

Mooi loop, Oom Leon.
Your memory is a blessing.
Godspeed.

Bertus Esterhuysen
June 12, 2026
Agt jaar gelede het ek die hulde gebring aan Leon op sy 60ste verjaarsdag en in Februarie hierdie jaar, nadat hy vir ons vertel het dat hy siek is, het ek in die brief vir hom geskryf wat hy vir my beteken het.

Vandag is my huldeblyk dat Leon die toonbeeld was van 'n ware heer - indien ons die eienskappe van 'n "gentleman" kon bottel, sal die etiket sê Leon Lubbe. Hy het respek afgedwing by jonk en oud - dit was nie iets wat hy doelbewus gedoen het nie - dit was net deel van sy karakter. Hy was 'n sagte reus met 'n edel karakter en 'n hart van goud.

Sy sakevernuf was bewonderingswaardig en hy het iets geweet van alles - jy kon hom enigiets vra!

Dit was 'n voorreg om hom vir 24 jaar te kon ken, om saam met hom te kon werk en om vandag te sê: "Leon, ek gaan jou vreeslik mis, maar "At Last" kan jy sag rus, tot ons mekaar weer sien."

Elsabé ❤
Elsabé Krauze
June 11, 2026
Dad was nie 'n man van baie woorde nie, wat seker geen verrassing is nie, want ek is maar dieselfde.

Al het Dad nie baie gepraat nie, wanneer hy het, was dit impakvol maar hy het meer vir ons deur sy voorbeeld geleer. Deur harde werk, deursettingsvermoë en sy vermoë om raak te sien wat uit 'n idee gebou kon word. Hy het 'n besondere manier gehad om na iets gewoons te kyk en die potensiaal daarvan raak te sien. Bo alles het hy sy liefde gewys deur sy dade en deur altyd daar te wees vir die mense vir wie hy omgegee het.

Hy het my geleer om sterk te staan in moeilike tye, dankbaar te wees in goeie tye, en om die waarde van familie, vriende en betekenisvolle verhoudings te koester.

Een ding wat ek altyd sal onthou, is hoe vinnig hy dinge kon uitwerk. Jy kon hom amper enigiets vra, en nog voordat jy klaar gepraat het, het hy reeds 'n antwoord gehad. Of dit nou oor boerdery, besigheid, geskiedenis, meganika of sommer net 'n interessante feit was, Pa het altyd iets daarvan geweet. En as hy nie geweet het nie, het hy gou uitgevind.

Pa het ook 'n besondere vermoë gehad om potensiaal in mense raak te sien, dikwels lank voordat hulle dit self kon sien. Partykeer het hy ons 'n bietjie harder gedruk as wat ons wou hê, maar as ek vandag terugkyk, besef ek hoeveel van daardie stootjies gehelp het om ons te vorm tot wie ons geword het. Destyds het dit nie altyd sin gemaak nie, maar vandag verstaan ek beter wat hy probeer doen het.

Ek onthou met groot waardering 'n gesprek wat ek met Pa gehad het oor die projekte waaraan ek in Frankryk gewerk het. Ek het vir hom vertel van inisiatiewe wat daarop gemik is om koolstof uit die atmosfeer vas te vang en sodoende mense en maatskappye te help om hul koolstofvoetspoor te verminder en meer volhoubaar te leef. Ek het ook genoem dat daar in Suid-Afrika groepe is wat spekboom-aanplantings gebruik om CO₂ op natuurlike wyse vas te vang.

'n Ruk later het Dad vir my vertel dat hy ernstig daaraan dink om grond te koop en sy eie spekboomwoud te vestig om ook 'n bydrae te maak tot koolstofopvang. Dit het my laat besef hoe besonders hy was. Uit een eenvoudige gesprek het hy reeds verder gedink en moontlikhede raakgesien om iets positiefs vir die wêreld te doen.

Dit was tipies van Dad. Hy was altyd besig om vorentoe te dink, nuwe idees te oorweeg en maniere te soek om 'n verskil te maak. Hierdie herinnering sal my altyd bybly as 'n voorbeeld van sy visie en sy begeerte om die wêreld 'n beter plek agter te laat.

Dad also loved his animals and especially the last 4 doggos loved him. Toe Bruno, ons hond, kom kuier het op die plaas, het dad dit gelove. Want Bruno het saam hom rond gestap terwyl dad teiken skiet. En omdat Bruno doof was, het hy glad nie om gegee om daar saam Dad te wees nie. Dit was vir dad n baie speciale bond.

Pa, dankie vir die opofferings wat jy vir ons familie gemaak het. Dankie vir die geleenthede wat jy geskep het, die lesse wat jy ons geleer het, en die liefde wat jy op jou eie manier gewys het. Baie van hierdie dinge waardeer ek vandag meer as ooit tevore.

A great man is not remembered for the day he left us, but for the countless days he was there for us. Thank you, Dad, for a life well lived, a family well loved, and memories that we will carry with us forever.

Ek sal dit mis om net die foon op te tel en jou raad te vra. Ek sal jou stories, jou insigte en jou manier van dink mis. Maar meer as enigiets anders sal ek dit mis om te weet dat jy altyd daar was.

Al stap jy nie meer langs ons nie, leef jou invloed voort in die mense wat ons geword het, die waardes wat jy aan ons oorgedra het, en die lewens wat jy aangeraak het.

Ons is lief vir jou, Pa. Dankie vir alles.

-- Jou Seun--

Ek wil ook my opregte dank uitspreek aan almal wat vir Dad gehelp en ondersteun het. Ek is ook innig jammer oor elkeen van julle se verlies.
Ty

Leon se gunstellinge//Leon's favorites


Gunstelling reis bestemming//Favorite travel destination?
Bosveld, die see (veral Struisbaai)
en enige plek waar hy kan baie rond ry. Min vakansie dae was net vir stil sit en ontspan.
Sports Span//Team?
Stormers - en gholf natuurlik
Kleur//Color?
Koper Sulfaat Blou
Kos//Food?
- Pampoen Koekies met Karamel Sous
- Braai (Altyd)
- Kingklip
- Gebakte Aartappels
- Lemon Meringue
- Braai Broodtjies (Kaapse Pap)
- Honeymoon Aartappels
- Creme Brule
Fun fact about Leon:
- Leon het nie van broccolli gehou nie en het gesê dat dit in die Bybel staan, dat ons nie die klein groen boompies mag eet nie.
Gesegte//Saying?
- Wie kielie die kat, ek of jy?
- Ja baas (vir Annalie)
- Ons sal sien
Leon se byname/Nicknames.
- Oubaas
- Ou grote
- Oupie
- Sagrys
- Tok
- Dad

Gedenkdiens//Memorial service


Ons kom saam om die lewe van 'n besonderse mens te onthou en te vier. Hoewel ons die verlies van ons geliefde betreur, wil ons ook die kosbare herinneringe, die gedeelde oomblikke en die vreugde wat hy/sy in ons lewens gebring het, koester.

U teenwoordigheid sal baie vir ons beteken terwyl ons saam herinner, eer betoon en afskeid neem.

We gather to remember and celebrate the life of a remarkable person. While we mourn the loss of our loved one, we also wish to cherish the memories we shared, the moments we treasured, and the joy they brought into our lives.

Your presence would mean a great deal to us as we come together to remember, honour, and say our farewell.

Bedankings/Gratitude: Rupert Lubbe (Broer)
Lofrede/Eulogy: Camille Lubbe (Dogter)
Diens deur: Ds. Fanus Hansen
GedenkDIENS // Memorial service
Location
NG Gemeente Potchefstroom Oos
C/O Burger St & Lanyon St,
Potchefstroom,
2526
Date/time
15 Jun 2026 - 11:00
Virtual event
File
Share

Secure payment

First Lastname donation
Order total: $ 0
Your host will receive your funds within 24 hours.