
John Percy Carlile

Obituary
Dené Carlile:
It is with a most heavy heart that I have to share the passing of a loving father & husband, adored brother and son, and my best friend - John Percy Carlile.
Words cannot express the hole that’s left our lives. Shelley, Johnny and I will carry you forever in our hearts, memories and experiences. We love you so very deeply.
I take comfort in knowing you are at peace with Jesus, whole and happy… bothering all the previous Springboks with your many questions, making all the new friends you can find, as only can.
My love, you have always had my whole heart. Life will never be the same without you. Rest peacefully, until we meet again. 💔
“And God will wipe away every tear from their eyes; there shall be no more death, nor sorrow, nor crying. There shall be no more pain, for the former things have passed away.“
Revelation 1:24
Gallery
Memories of Jonna - Tribute Wall
Jy het soveel mense se lewens aangeraak in jou tyd hier by ons. Al die stories wat ons hoor oor jou, reflekteer die awesome mens wat jy was. Mens kan nie dink dat jy soveel swaarkry in jou binneste gehad het nie.
Ons het jou op universiteit ontmoet en gesien hoe jy werk om jou doelwitte te bereik. Ons het gesien hoe jy jou vroutjie ontmoet het en hoe julle liefde groei. Jy was op ons troue, waar jy die garter gevang het, en Dené die ruiker. Ons was saam toe jy haar gevra het om te trou. Julle was so opgewonde om die wonderlike nuus te deel dat Dené verwag. Ons was so spyt dat julle SA verlaat het en ons julle min gesien het, maar tog was dit elke keer so lekker om op te vang en soos ou vriende te kuier.
Twee van my beste herinneringe van jou was eerstens toe ons opgewonde was vir 'n vakansie in Amerika, het jy ons bietjie vertel van jou ervaring daar, en jy was so opgewonde oor die feit dat mens in Texas sommer so langs die pad armadillos kan sien, "sommer net hier langs die pad"! Jy was so verbaas en het gedink dis super cool. Tweedens kon jy 'n storie so goed vertel. Jy het een keer vertel - en die mense wat ook die storie gehoor het, sal presies weet waarvan ek praat - van iemand wat vir hom 'n burger bestel het, en graag 'n manager wil wees, en ons maak jou nou nog na en lag lekker elke keer!
Jou passie en opgewondenheid was aansteeklik. Jy was altyd besorgd oor almal om jou en wou net seker maak almal het 'n wonderlike tyd. Jy het soveel liefde gehad vir jou naastes. Ons het die naweek afskeid geneem, maar weet jy sal altyd in ons harte wees en 'n inspirasie wees om meer te luister na wat mense om ons sê, harder te probeer om almal om ons gelukkig en geliefd te laat voel, en die lewe ten volle te geniet.
Tot ons jou weer sien.





Ek het n paar great memories saam met hom , soos by Tertius se bachelors of die dota aande wat ons saam gespeel het.
Jonna was die eerste persoon wie ons gesien het in amsterdam na ek en Michelle verloof was . Hy het daardie dag n uur met die bus gery net om ons te kom sien - moeite was nie vir hom moeite as daar iemand aan die ander kant was nie.
As Jonna dink jys great , dan is jy great in sy oë - en niemand kan vir hom anders vertel nie.
Hy was n yster en n great mens. Dit was n eer om hom te kon ken.














Ons het so baie stories saam, van ons in laerskool saam krieket begin speel het…dis hier waar jy besef het dat rugby eintlik jou sport is :-)
Jy was ook maar altyd n clown gewees…sal nooit die dag van hoërskool vergeet waar jy op die verhoog klim as n ou graad 8 en “I like big butts and I cannot lie” uit volle bors sing. Dit was skreeu snaaks! 🤣
Ons trip Dullstroom toe sal ek ook nooit vergeet nie…die klippe wat ons op die koppie gaan bou het, die aand in die reën wat ons n shebeen gaan soek het…en toe deur die polisie gestop word 🫣
Ons tye saam op Universiteit was next level. Van ons eerste Rek toets wat ons albei in ons moer in gepluk het, tot ons joker pie lunches op kampus wat ons n ander tipe les geleer het 😅
Dankie dat jy daar vir my was toe my pa oorlede was. Jy was soos familie in ons huis.
Dankie vir al die Dota games saam. Jy was die beste support wat n carry kon voor kon vra!
Dankie vir al die lekker kuiers saam…jy het lig in elke vertrek gebring en seker gemaak almal se gesigte is seer gelag.
Dankie vir die diep chats, en al jou crazy stories. Jy kon n boek geskryf het!
Dankie dat ek deel kon wees van jou lewe…dit was n voorreg gewees.
Alhoewel ek weet jy staan langs ons Hemelse Vader, vry van al die donker, gaan jy steeds ongelooflik baie gemis word.
Tot ons mekaar weer sien!
Liefde Etienne










Some memories that stick to me.
1. Mozambique 2015-
Where do I start!! The best memory was you leaving us at the Komatipoort border after your passport wasn't allowed in the country, the look of pure dismay and panic on your face but you assured Denè you would fix it. You got back to us after a day and a half after you chatted to the SA home affairs lady about a story about medication and your wife needing to have babies 🤣🤣 You always made a plan!
2. "Gangster Detroit Farewell"-
When I got the "theme" all wrong for your and Denè's farewell party in Pretoria, and we pitched up in gangster outfits 😅 You just laughed and said "this is great", come sit down and get a drink.
3. Watching any sport -
You loved sport. You were obsessed with Rugby. But made you so likeable was your ability to like others interests. The way you instantly had to love Liverpool when you met our family, was just something you just took on the chin. There wasn't much rugby chat in the house but you always had time to talk about football with Pascal.
Love Chantelle and Byron






Alhoewel die tyd wat Jonathan met ons gewees het veels te kort was, sal die impak wat hy op ons lewens gehad het, blywend wees. Hy het ons met herinneringe nagelaat wat nie weggeneem kan word nie en n nalatenskap wat voortleef in die harte van almal wat hy aangeraak het.
Today, as we mourn his passing, we also celebrate a life that mattered. A life that brought joy to others. A life filled with friendship, love, and meaning.
To Jonathan: thank you for the memories and friendship. Thank you for being part of our lives.You may be gone from our sight, but you will never be gone from our hearts.
Rest in peace. You will be deeply missed, lovingly remembered, and forever cherished.
FROM: FLIP AND MAUD AND THE DU PLESSIS FAMILY

I went with him, Terrie and some of their other friends to their house in Botrivier once; I believe it was the matric holiday. We had such a fun time there! Everything was quite new for me, but he always made sure that I was OK and feeling safe. We had many late night chats, good heart-to-heart and plenty of laughs. Botzone - you treated us well!
Jonna, you were always (and will always be) such a blessing to all who knew you. You will be missed and cherished forever♥
Ekt altyd opgekyk na John, hy was vriendelik en het so maklik met enige iemand oor die weg gekom. Die man met die meeste kennis wat ek al ontmoet het! Hy was soos n persoonlike google!
Jonna, mag jy rus in vrede!
Chris
Ons gaan jou mis Jonna.
Jonathan was altyd vriendelik, met baie liefde en omgee in sy hart.
So sal ek altyd vir Jonathan onthou.
Christine Verster
Some people become family so naturally that you stop thinking of them as anything else, and that was John. He was passionate, caring, funny, and endlessly generous with his time and knowledge. He loved teaching people things, and some of my favourite memories with him are just the two of us talking for hours about life, our interests, random ideas, and anything in between. He had this way of making every conversation meaningful and interesting.
Recently, he taught me how to ski, and it was genuinely one of the best days of my life. Afterwards we had a snow fight and at one point he slipped and fell into the snow so dramatically that we could not stop laughing. That was the last day I spent with him, and somehow it captures him perfectly in my mind, full of joy, warmth, laughter, and life.
I don’t think I’ll ever forget his smile. It was the kind of smile that made everyone around him feel happy and safe. He brought lightness wherever he went.
One of the hardest things about losing someone like John is realising how much of life he filled simply by being there. The conversations, the jokes, the way he showed up for people, the way he loved our family, especially my sister and his children, are things I will carry with me forever.
I feel incredibly blessed that I got to grow up with him in my life. We love you so much, John. You will always be deeply missed.
Your little sis

Saterdag vat ek en Don hulle na die rivier toe en leer die twee hoe om krappe te vang. Hulle love elke oomblik ... ek ook!
Sondag pak ons al die snacks wat ons kan kry in Tersia se tupperbakke, maak toebroodjies, die ook in tupper, koeldrank en nog meer, lyk of ons weggaan vir n week maar dis net Olifants River Lodge toe.
Erg probeer visvang maar later tou opgegooi. So begin Jonna en Tersie hulle ma se kosbare tupperbakke vol paddavisse laai, dik in hulle skik met hulle vangs. Heeltemal reg met my, wat is dan nou verkeerd met n ou paar vissies in n bak? Met die bakke baba paddas is ons terug huistoe.
Laatmiddag kom John en Tersia huistoe maar so met die inryslag sien Tersia haar bakke uitgestal op die tafel en n gil ontsnap uit haar mond, "my tupper!"
Eish, toe is die kalf in die put, die koeel is deur die kerk en die papaja tref die fan.
En net so, summier, word die twee bloedjies se troeteldiere weggeraap!
Sy het my deur die volgende week laat weet dat sy al honderd paddavisse se nekke omgedraai het! Ek weet nounog nie hoe n mens n paddavis se nek omdraai nie maar een vrou het dit wel reggekry!
Ek lief jou Tortia!
Ons het soveel memories saam gemaak deur tonne braai’s, travels en troues. Ons het basies saam groot geword, van die jong kuierdae tot almal wat trou en kinders kry. Toe ek ‘n mamma geword het, het hy altyd die mooiste boodskappe gestuur. Dit sal ek vir altyd in my hart hou.
Daar is te veel memories om op te noem, maar van my gunstelinge sal altyd wees toe ons squad fam saam in Amsterdam en Paris gaan kuier het. Dit was regtig een van die beste tye. En natuurlik ons eie Squad Fam fitness game wat ons gedoen het, jy het ingekom, alles gegee en behoorlik gecommit. Dit was so lekker en ons het soveel fun gehad. Dit is die tipe moemories wat ek altyd sal onthou.
Ons harte is so seer dat jy nie meer hier is nie. Ek is net ongelooflik dankbaar dat jy ook ons Liam kon ontmoet het.
Ai Jonna… ons hoop jy is nou rustig, sonder pyn, en dat jy almal daar waar jy is laat lag met daai unieke humor, mooi hart en ongelooflike sparkle van jou. Dankie vir al die lag, geselskap, die memories en die vriendskap. Jy gaan ongelooflik baie gemis word♥️🥺







Of my fondest memories is the way he looked at me, in sweet glances, his eyes said all that needed to be said. He made me feel like the only girl on earth.
Ours was a love for the ages.
________________
Dene
Today I take you as my partner for the rest of my life
I promise to be faithful, patient and supportive and to make your love and happiness my priority.
I vow to trust you, to drink wine when you achieve successes and to cry with you when you fail.
I promise to love you unconditionally even when you go a bit crazy
I promise to try and be on time
I promise to be the leader of our household and to protect you and your babies like a lion and to create
a house filled with learning, laughter, discipline & compassion.
I promise to do incredibly embarrassing shows of affection that make you cringe
and to entertain and comfort you when you are sad.
I promise to choose you above when the Springboks play, even though I know you’ll never force me to
miss the game.
I promise to be a man of God and to raise my children as little disciples.
I promise to communicate fully & fearlessly even if it’s difficult.
I take you as you are. As my equal.
I accept your faults as you do mine.
All of me loves all of you
I love your curves and all your edges
All your perfect imperfections
Youre my end and my beginning
With you even when I lose Im winning
You are my person, my love, and all Ill ever need, today, and forever.
I stand here, I give my all to you.
I love you Dene







Ons laaste ontmoeting was by Lara se troue. As jy 'n troue alleen bygewoon het, het jy geweet John sou sorg dat jy ten minste een keer saam met hom op die dansvloer sokkie.
Gaan jou lig en energie mis John, liefde Bieber.

'Til we meet again... Rus sag Linda
Ek het van dag een af van John gehou. Ons het baie ingemeen gehad en ek kon ure lank luister en lag vir sy stories. John was iemand wat ongelooflik baie vreugde gebring het na die mense om hom. Hy was nie net snaaks nie, maar het verskriklik omgee vir die mense om hom. Hy het nooit enige kwaad in hom gehad nie en was werlik 'n goeie mens met n mooi hart.
Amsterdam kan 'n eensame plek wees en ek is besonders dankbaar dat John daar was. Hy was altyd beskikbaar vir n bier of om te gesels. Ons het ure en ure saam gekuier, by ons woonstelle, in die park, rugby gekyk, Dave Chapelle shows en trips saam (Prague, Parys, Ski). Ek het selfs dit reg gekry om hom te oortuig om saam met my en Nathan in 5 grade water te swem (dankie Wim Hoff). Ons het in Covid dwars deur die aanklok heen-en-weer gekuier. Ons het oor verskeie dinge gesels, sport, die wereld, musiek, rekenaarspeletjies.Ek het nie enige broers nie, maar John was werlik die naaste ding aan 'n broer wat ek al ooit gehad het.
John het 'n besonderse gawe gehad om mense te laat lag en goed voel. As die lewe jou onder kry kon jy werklik net om Jonna wees en alles sou beter voel.
My gunstelling eienskap van John was sy vermoe om homself in en uit moeilike situasies te kry. BV tydens die Rugby Wereld beker het hy Parys toe gevlieg om die Bokke teen Ierland te kyk. Hy was so oortuig dat die Bokke gaan wen en dat hy elkeval nie sou kon slaap nie en dus besluit het dit is nie nodig om slaapplek te reel nie. Ons het toe verloor, maar gelukkig het ek 'n ekstra bed gehad vir Jonna om die aand te kon rus. Soos wat net met Jonna sal gebeur, toe hy by die lughawe kom is sy vlug gekansileer en die enigste beskikbare vlug terug is twee dae later en daar was vir hom gese dat daar geen manier is hoe hy sal kan terug kom voor Dinsdag nie. Maar so waar soos wragtig het John 'n manier gevind om homself op 'n vlug te kry.
John het ook altyd uit sy pad gegaan vir sy vriende. Hy het af gevat by die werk om vir my en Clara by die lughawe te gaan aflaai toe ons terug getrek het SA toe. Wanneer hy in SA gekuier het het hy maklik 2 ure gery sodat ons kon opvang ook koffie of n maaltyd.
John, my vriend, my broer. Ek sukkel om dit wat is te aanvaar. Elke keer was ek Rugby of UFC kyk dink ek aan jou en ek moet myself dikwels keer om nie vir jou 'n boodskap te stuur nie. Dankie vir alles wat jy vir my beteken het. Ek het ongelooflik baie op jou staat gemaak en ek mis jou verskriklik baie. Dankie vir jou invloed op my lewe. Ek neem 'n stukkie van jou saam my waar ook al ek gaan en sal sal dit verwig beskerm en koester.









As so many people have already reflected, he was an exceptional storyteller and a deeply loving person. And mousers
(IYKYK) we are going to miss him.
My favourite memory of John was when we showed up unexpectedly at his and Dene’s wedding. We had initially not RSVP’d because we were meant to be starting a contract overseas, but when the contract was delayed, we decided to surprise them. Looking back now, I realise how stressful that could have been on someone’s wedding day, but we were young and naive.
When John first saw us, his immediate response was to say how happy it would make Dene that we were there. Plans were quickly made to find extra seating for us, and we got to be part of the most beautiful ceremony. I am so grateful we could be there.
John, we will miss knowing more of you, but we will continue to share your stories.
Dene, little John and Shelley, we hold you in our love. ❤️


www.youtube.com/watch?v=9sLHj4-M3f8&list=RDMM9sLHj4-M3f8&start_radio=1
Ek dink spesifiek aan een jaar, Desembervakansie, toe ons vir die dag op ’n wyntoer gegaan het. Ons laaste stop was by Creation Wines en ons groep het, meestal te danke aan Jonna, sommer gou vriende gemaak met ons sommelier. Dit was van só ’n aard dat sy besluit het om vir ons een van die disse op die huis te reël – wat hulle gewoonlik saam met ’n spesifieke wyn op hulle "food and wine pairing"-spyskaart bedien. So neem elkeen van ons, in ’n groepie van seker ses of agt mense, ’n klein happie van die miniatuur dis wat ons deel, saam met ’n slukkie wyn. Dit was spesiaal en ons almal het dit só geniet, maar toe ek weer oorkyk, toe sit Jonna met trane in sy oë – ’n opregte reaksie op hoe lekker dit vir hom was. Die smake én die geselskap.
Jonna se geselskap het net die alledaagse dinge beter gemaak, en ek wil nie aan ’n wêreld sonder hom dink nie. Van die eerste aand wat ek hom ontmoet het op Tertius se 21ste verjaarsdag, het hy dit duidelik gemaak dat ek sy sussie is en dat ons nog baie goeie tye saam gaan hê.
Jon Jon, dankie dat jy my geleer het om te ski. Dankie dat jy harder as Terrie gehuil het op ons troudag. Dankie dat ons gereeld vir mekaar die lelikste foto’s van onsself kon stuur, dan daaroor kon lag en mekaar moed kon inpraat. Dankie dat jy so opreg en so motiverend was. Dankie dat jy elke dag beter gemaak het, deur net dáár te wees! Daar is soveel dinge waarvoor ek nog kan en wil dankie sê. Ek is so dankbaar vir soveel jare se goeie tye saam met jou. Ons sal jou mis in alles wat ons doen.





I met John more than 10 years ago during our time at Deloitte Pretoria. Then again in Detroit. Then again in Amsterdam. No matter where life took him, John built friendships everywhere he went, and he kept building them along the way.
We shared so many unforgettable moments together - parkie suip sessions in Amsterdam during COVID, late nights in the Pretoria office which turned into early morning talks, exploring Prague together, cold plunges in the middle of winter, and having ’n zol before comedy shows we could barely remember afterwards.
John had one of the biggest hearts of anyone I’ve known. He loved people deeply, and he loved his family even more. The way he spoke about Dene - with so much love, pride, and heart - was always inspiring. He was a lover and an entertainer. His stories were the best: entertaining, animated, and unforgettable, just like him.
From experiencing UFC Paris together, to rugby conversations, to the phone calls during difficult times - I appreciate and remember all of it.
One of my best friends. I will miss you dearly, Jonna.
Love you always.




Aan die einde van 2022 het Jonna een aand van Nederland af gebel en gesê hy is heeltemal oorgewig en dink hy moet vir die 2023 Amsterdam Marathon inskryf. Dit sou hom dwing, het hy gesê, om te oefen en só gewig te verloor.
So het Jonna se reis na die Amsterdam Marathon begin. Hy het met krag- en strekoefeninge begin, en begin gehardloop - eers twee of drie kilometer, later ‘n 10 km wedloop of twee, 21 km wedlope ens. Ons het mekaar op Strava gevolg, kommentaar gelewer, wedersyds aangemoedig en ‘n paar keer oor die foon gesels. In Oktober 2023 het Jonna sy eerste marathon baie suksesvol, in ‘n goeie tyd, voltooi. So het ek geleer van Jonna se dissipline, vasberadenheid en vasbyt. As hy ‘n doel gestel het, sou hy dit bereik - al was die uitdaging ook hoé groot.
Ons het laasjaar daaroor gesels om die Amsterdam Marathon dié jaar saam te doen. Tertius sou uit die VSA aansluit vir dié doel. Hierdie planne het ongelukkig skipbreuk gely.
Jonna, dit was ‘n voorreg om jou as vriend te hê. Ons kon so lekker kuier. Jy kon op so ‘n interessante manier oor soveel onderwerpe gesels.
Rus in Vrede, my vriend.

More than anything, I loved how he loved my sister. They built such a beautiful life together, from Detroit to the Netherlands, and created an amazing family along the way. I’ll always be grateful to him for my niece and nephew, and for the incredible husband and father he was.
One of my favourite memories of John was at my wedding in Mauritius. We couldn’t get a Christian pastor, so the ceremony itself was officiated by a random guy from the wedding décor company… who somehow managed to get my husband’s name wrong. The whole thing was heading into disaster territory.
But then John stood up to pray for us.
And somehow, within minutes, he completely changed the atmosphere. He had this incredible way of speaking — funny, warm, genuine, and full of wisdom. He was a storyteller without even trying. His prayer for us was beautiful and heartfelt, and suddenly the ceremony felt meaningful again.
Later at the reception, he became absolutely fascinated by our “centre pieces” — which were actually giant 3-litre beer tap jugs filled with ice in the middle. Most people have flowers at weddings. We had what we lovingly called “giraffes.” John declared them the most beautiful centre pieces he had ever seen, and honestly, I think he meant it.
That was John. Full of humour, full of heart, deeply Godly, and able to make people feel joy wherever he was.
We love you, John. You are deeply missed.


Hy was vir die grootste deel van my hoërskoolloopbaan my beste vriend en maatstaf op soveel lewensgebiede. Die lewe gebeur, en so het ons paaie geskei en, ongelukkig, nooit weer gekruis nie.
Ek sal John altyd onthou vir sy uitnemendheid en sy besondere vermoë om moeiteloos die middelpunt van enige vertrek te word. Ek wens opreg ek kon ook die eggenoot en vader, Jonna, leer ken het.
My innige simpatie en diep meegevoel gaan uit aan Dené, Shelly en Johnny – daar is werklik geen woorde wat genesing kan bring nie.
Tannie Tertia, oom John en Tertius: my hart is saam met julle in hierdie seer tyd. Weet asseblief ek dink aan julle.
Ou Johnathan, tot weer sien, ou maat.
Jou “Stoffie”

Favourites
The USA was a dream destination for Jonna, where he made a lot of memories with his family and had plenty of adventures.
His absolute favourite band was Fokofpolisiekar. He would gladly sit down with anyone, anytime, for a passionate debate about their Top 5 songs.
No question! Rugby! Jonna was a massive, fiercely proud fan of the Springboks, and his passion for the game was unmatched.
For gaming it was hands-down Dota. However, when playing Settlers of Catan with his family, he was famously known for his "sweet deals".
Service
Kom sluit asseblief by ons aan om Jonna se lewe te vier.
Ons kom bymekaar om die wonderlike mens te onthou wat hy was. Terwyl ons treur oor die groot leemte wat hy as man, pa, seun, broer en vriend laat, wil ons ook die mooi oomblikke saam met hom en die vreugde wat hy in ons lewens gebring het, koester. Dit sal vir ons geweldig baie beteken om jou daar te hê terwyl ons dink aan al die mooi herinneringe.
Celebration of Life: June 20th, 2026
Please come and join us as we celebrate John’s life.
We are gathering to remember what a wonderful person he was. While we are grieving the massive space he leaves behind as a husband, dad, son, brother, and friend, we also want to cherish the beautiful moments we shared and the joy he brought into our lives. Having you there with us as we look back on all those wonderful memories would mean the world to us.

