Jan du Plessis
Wens ons kon nog een keer hande vat om te bid, nog een maal in die kar saamsing. Jou hemelse skatkamer loop oor. 🙏✝️
Obituary
God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming;
Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
Daarom is ons nie bang nie,
al gee die aarde pad,
al skuif die berge tot in die dieptes van die see,
al druis en skuim die waters van die see,
al skud die berge deur sy onstuimigheid. Sela
Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad,
in die heilige woning van die Allerhoogste. Psalm 46
Gallery
Videos
Memory wall
Post a message or share your memories and photos.
January 10, 2026
Nog n paar foto's.

January 10, 2026
Min mense maak so n indruk gedurende hulle leeftyd, as past Jan du Plessis. Ek het soveel herinneringe van hom sedert die 1980's toe hy pastoor was in Gezina gemeente! Vroeg oggend fietsry vanaf Momberg straat pastorie, lang kerkraad vergaderings wat hy met sy kwinkslae draagliker gemaak het en sy getroue teenwoordigheid wat mens altyd tuis en veilig laat voel het. Sy byna bo-menslike wysheid en bydrae tot die AGS kerk moet nooit gering geskat word nie. Daar is maar een soos hy, ons gun hom die heerlike ewige rus!
Ons eer sy nagedagtenis!
Ons eer sy nagedagtenis!

January 4, 2026
Ek sal altyd die wonderlike voorbeeld wat Oom se hele lewe gestel het diep in my hart dra. Oom is nou veilig in Ons Vader se huis.
December 31, 2025
Liefste pa, ek het nog altyd gevoel soos jul eie dogter. Baie dankie vir 34 jaar van liefde, geduld, vergifnis, blymoedigheid, positiwiteit, geestelike raad en insig, speletjies met die kinders, pa se heerlike krummeltjiepap, die beste melkkos in die wêreld... Ons het baie avonture saam gehad, pret in Londen se strate tot na middernag, moltrein konsternasie, kastele besoek en trappe uitgeklim in Wallis en Skotland. Ons het NZ se uniekheid en skoonheid saam verken. Ek mis pa se stem, grappies, wysheid, liedjies, gebede. Rus sag liefste pappa, vir altyd in ons harte. Liefde Illie
December 30, 2025
Om my leeftyd se herinneringe aan my broer Jan te probeer saamvat sal meer tyd en spasie in beslag neem as wat daar ruimte voor is. Wat vir my treffend was, is dat boet Jan, soos in die geval van Job, getrou gebly het in sy geloof aan God ten spyte van sy beproewinge.
December 30, 2025
Een van die eerste mense wat diep in my lewe belê het toe ek net 17 jaar oud was. Vir my n anker help vorm as n jong man wat n verlange na ons ABBA Vader gehad het. 05:00am het ons lekker saam gebid en na die tyd lekker vir ou oom George se grappe gelag. Past Jan was die voorbeeld van n stabiele mens wat sy naaste gedien het met so baie liefde. Niemand kom so mooi afrikaans praat soos past Jan nie , en sulke lekker humor daarby. Die aarde het n generaal verloor maar die hemel jubel met so n wonderlike persoon wat by sy ABBA Vader is en almal wat vir ons wag. Shalom Past Jan, dankie vir alles wat jy gedoen het vir die wonderlike lewe en sy mense
December 30, 2025
My innige meegevoel en bede aan die gesin en familie. Hy is nou waar elkeen van ons eendag ook sal wees. ’n Groot man wat diep spore in die lewens van duisende mense nagelaat het, deel was van my grootword en vorming, en ’n kern rol gespeel het in wie ek vandag is. Rus in vrede Pastoor.
December 29, 2025
Ek onthou pastoor Jannie du Plessis soos daglig . Ons was jong mense in AGS Naboom as ek kan onthou in ons hoērskool jare ons kinders het nog op die gallery gesit as pastoor gepreek het . Ek en Alfie was saam.op skool. Al ons kersfees uitstappies. Pastoor en die orrelis Anna my moeder is saam daarbo julle kan nou lekker kerk koortjies sing. Vertroosting vir die familie en weet dat Pastoor Jannie n God vresende man was .
December 29, 2025
Dit was ‘n eer en voorreg vir my dat Pastoor Jan my pastoor was in Naboomspruit. Telkemaal het hy daar by Rhemardo kom afsonder. Sy stem terwyl hy uitroep na die Vader sal ek nooit vergeet nie. Dankie Pastoor Jan vir u liefde.
December 29, 2025
My oupa was ’n man met ’n diep geloof, baie vriendelikheid en ’n groot hart, en hy het sy lewe geleef as ’n weerspieëling van God se liefde. Al is hy nie meer hier nie, leef sy nalatenskap steeds voort en gee dit vir ons as familie leiding en troos, en herinner dit ons om met omgee, nederigheid en vertroue in God te leef.
Liefde Krynauw
Liefde Krynauw
December 29, 2025
Ek was geseend om vir Oom Jan Gabriël du Plessis en Tannie Kae te kon ken die afgelope paar jaar. Nie net was hy 'n nederige mens ten spyte van soveel wat hy bereik het en waarop hy so trots kon gewees het. Hy het God altyd al die eer gegee en sy woorde was altyd positief en bemoedigend. Nooit ooit het Oom Jan gekla nie. En hy kon n goeie grappie regtig geniet. En Bid kon hy bid. 'n Man vol Goddelike wysheid wat diep spore gelaat het op sy lewenspad. Ek gaan ons geselsies mis Oom Jan maar ek gun u nou u soete hemelse rus. Met hope respek en baie liefde.
Jimmy Grundlingh
Jimmy Grundlingh
December 29, 2025
Oupa, ons gaan jou ongelooflik baie mis. Dankie vir al die liefde, grappies en al die mooi herinneringe wat ons vir altyd saam met ons sal dra. Jou warmte en teenwoordigheid sal altyd deel van ons lewens wees—rus sag, Oupa, jy bly vir altyd in ons harte.
Liefde Ruan
Liefde Ruan
December 29, 2025
Oupa Jan
Die klein dogtertjie in my wens ek kon nog eenkeer my oupa sien, net nog een drukkie kry. Wie sou nou ooit kon dink dat oupa al by Jesus gaan wees drie weke voordat ek sou kom kuier..
Ek wens ek kon dit regkry om my hart in woorde om te skakel.
Oupa Jan was so na aan my hart. Ek is baie soos oupa, ons deel ñ avontuurlustige natuur. Al die plaas stories, die lawwe grappies, passie vir God se koningkryk en vir oupa se familie, hoe lief oupa altyd was vir die eenvoudigste goedjies soos die kleine voëltjies wat sing. Die perfekte voorbeeld van hoe regte liefde moet lyk vir mense om ons, en vir ons lewensmaats. To bring glory to the Kingdom.
Oupa los agter net die mooiste herinneringe, en as ek daaraan dink dan glimlag ek net en die treur verdwyn.
Ja, dit mag dalk ñ verlies wees vir ons wat hier agterbly, maar dit is meer ñ gejuig omdat een van sy grootste drome waar geword het - Hy loop nou ewig hand aan hand saam Jesus.

Midde hartseer en groot gemis, voel ek vandag omarm deur die nalatenskap van my Pa, my vriend en held ... Dankie, Pa vir pa se opoffer lewe teenoor my en ander. ‘n Voorbeeld lewe wat die weg baan tot ‘n ewige heerlikheid ... ‘n heerlikheid wat pa nou beleef. Tot ons weer sien ... baie liefde, Alfred.

December 28, 2025
During a hardship I reached out to Oupa Jan and asked him, “Oupa Jan, hoe kan ek aanhou leef wanneer die lewe so moeilik voel?” He told me about how this earthly life isn't the beginning. No, he told me of how even in times of sadness, we should continue to live on. He mentioned Romans 8:18: "Die lyding van die huidige tyd weeg nie op teen die heerlikeid wat ons aan ons geopenbaar sal word nie." These are words which were mirrored throughout his life and faith. His wise words, calming nature and love for God will always help lead me.
Dankie Oupa
Dankie Oupa
December 28, 2025
Oupa se liedjie:
Hou my oupa Here soos die appel van U oog
...berg hom onder die skadu van U vleuels
... maak U gunsbewyse wonderbaar
... hou hom Here soos die appel van U oog
Hou my oupa Here soos die appel van U oog
...berg hom onder die skadu van U vleuels
... maak U gunsbewyse wonderbaar
... hou hom Here soos die appel van U oog
December 28, 2025
Tot weersiens pa...my genant is nou my gesant in die hemel. Praat van high expectations 😝. Baie trots op pa en waarvoor pa nog altyd staan. Pa se spore was diep en breed en daarom maklik om te volg, gebed en raad altyd daar as ek twyfel. Ons mis pa-stoor. ✝️

December 27, 2025
Oupa Jan
Oupa was werklik ’n ongelooflike seën in ons lewens. Hy was altyd die een wat ’n grappie gereed gehad het, maar ook iemand wat met wysheid en liefde ’n woord van die Here met ons gedeel het. Die invloed wat Oupa op mense gehad het, was besonders – nie net op familie en vriende nie, maar selfs op iemand wat hom net toevallig in die straat raakgeloop het.
Oupa sal altyd in ons harte voortleef en onthou word as die Oupa wat die beste stories vertel het en almal om hom laat lag het. Ek sal hom ook altyd onthou vir die klein, kosbare oomblikke – hoe hy altyd iets mooi te sê gehad het oor my lang hare, en hoe hy my dikwels ná ’n kuiertjie vir ’n laaste keer teruggeroep het, net om nog ’n woord van die Here met my te deel.
Hy was, en sal altyd n pragtige voorbeeld van ’n man wees wat sy vrou met respek, liefde en eer hanteer.
Ouma sal vir ons vir altyd ’n lewende voorbeeld wees van hoe ’n vrou lyk wanneer sy deur haar man se oë met liefde en waardigheid beskou word.
Oupa se nalatenskap van liefde, geloof en vreugde sal altyd by ons bly.

My liewe swaer het die tydelike vir die ewige verruil. Ek onthou so goed hoe hy raakgevat het met wyse woorde en gedagtes. Sy antwoord op dit waaroor ons opgewerk geraak het: Het dit ewigheidswaarde? sal ons lank bybly. Ons mis alreeds die gereelde gesels en saambid oor die telefoon en Zoom en mekaar kon aanraak oor die lang afstand heen. Ons kan hom sien jubel en God prys en aanbid in die hemelruim waar hy einde ten laaste by sy ontslape geliefdes nou aangesluit het.
December 27, 2025
Ek verlang vandag na Pa se lag, na 'n kwinkslag laat glip verby die mond se wag.
Onthou graag jou humor fyn beplan, ook jou voorbeeld as Pa en man.
Drie seuns en Ma volg jou spoor met trots, wis jou huis is gebou op die Rots.
Selfs nou dat 'n droewige lied weergalm, wil ons nie by 'n graf kom talm.
Wanneer ons voortaan jou woorde onthou, sal ons op jou hartsfondasies voortbou.

December 26, 2025
Oom Jan was n voorbeeld vir my in woorde, wandel, liefde en wysheid. Hy is nou by die Here
Die Liefling van sy siel.
Die Liefling van sy siel.

December 26, 2025
Mooi huldeblyk deur Ps. Henri en Theresa Wilson van AGS Word and Spirit, Pretoria-Noord waar pa van 2012 af betrokke was. ✝️💜
www.facebook.com/share/p/1BuRBVW5Ru
www.facebook.com/share/p/1BuRBVW5Ru

December 26, 2025
Ek onthou oom Jan vir sy spitsvondige sin vir humor, die stories wat hy versamel het en kon vertel. Maar meer as dit was hy 'n geloofsanker vir ons, en sy woorde van ondersteuning vir ons voordat ek en Cheryl in die sending in is, is nog steeds by my.
December 25, 2025
My boet Jan was vir my soos ń herder, ń rigtingaanwyser, ń rots. Konstant, beskikbaar, vol humor, waarheid en liefde.
Liefde,
Bea
Liefde,
Bea
December 24, 2025
Ek onthou my boet Jan vir sy opregte liefde, sy wyse raad, die blink in sy oog as hy n storie vertel en sy totale warm teenwoordigheid . Liefde, Mart
December 24, 2025
🍂

December 24, 2025
2022-2025

Service
Sluit asseblief by ons aan om 'n laaste huldeblyk te bring.
Ons sal saamkom om hom te onthou en hulde te bring. Terwyl ons treur oor die verlies van ons dierbare, poog ons ook om die oomblikke wat gedeel word en die vreugde wat in ons lewens gebring word, te koester. U teenwoordigheid sou vir ons baie beteken gedurende hierdie tyd van herinnering en nadenke.